Ngorongoro-krater
23 Oktober 2016, Tanzania ⋅ ☁️ 12 °C
Dit kos 'n fortuin om hier in te gaan, maar wat 'n plek! Ngorongoro doen sy reputasie as diereparadys gestand: ons sien leeus met welpies wat 'n buffel vreet, derduisende sebras en wildebeeste op dieBaca selengkapnya
Serengeti - Dag 1
24 Oktober 2016, Tanzania ⋅ ☁️ 8 °C
Vandag ry ons sinkplaatpad van Ngorongoro-krater na Serengeti, waar ons (nog voor ons tent staan) 26 leeus en 4 jagluiperds sien. Iewers op pad eet Alice ons laaste pakkie Niknaks. Kan iemand dalk virBaca selengkapnya
Serengeti - Dag 2
25 Oktober 2016, Tanzania ⋅ ⛅ 27 °C
Die dag breek rooi en mooi, en later pak die wolke saam - én die hamerkop vlieg hoog - maar reën reën dit nie. Ons ry eers noord van ons kampplek (Dik-Dik, naby Seronera) tot by 'n poel waarin 40Baca selengkapnya
Serengeti - Dag 3
26 Oktober 2016, Tanzania ⋅ 🌙 19 °C
Dis ons laaste voldag in die park, en na volmaak by Seronera (dis nou ná ons vir 'n uur na 'n luiperd in 'n boom gekyk het) ry ons - met wasgoed wat droogword op die dashboard - noordweswaarts na dieBaca selengkapnya
Victoriameer
27 Oktober 2016, Tanzania ⋅ ⛅ 25 °C
Om na 'n week se sinkplaatslaggatstofpad weer teerpad onder die Fortuner se wiele te voel - lekker! Dis hartseer om tot siens te sê vir die Serengeti en sy wemelende vlaktes, maar verfrissend omBaca selengkapnya
Kom ons bespreek: Serengeti Lager
27 Oktober 2016, Tanzania ⋅ ⛅ 25 °C
Vernoem na een van Afrika se grootste wildkykareas - en met 'n forse luiperd op die etiket - jy weet mos dit gaan goed wees! Serengeti het nie veel van 'n smaak nie: dis bier, en dis dit. Maar sy 4.8%Baca selengkapnya
Lang dag, slegte pad
28 Oktober 2016, Tanzania ⋅ ⛅ 24 °C
Vandag is lank: ons ry van Mwanza tot digby die Rwandagrens. Die laaste 70 km "teer" is vol slaggate en niks lekker om te ry nie. Tussen die GPS en 'n weldoener spoor ons die Dreamland Motel op, waarBaca selengkapnya
Kigali, Rwanda
29 Oktober 2016, Rwanda ⋅ ⛅ 20 °C
Rwanda is dadelik anders: netjies, g'n rommel, beter paaie. In nat valleie sprei ryslande oop. Meer polisie (wat hou van kar deursoek). Geelbekwoue. Heuwels en nog heuwels. O, ja, en jy moet aan dieBaca selengkapnya
Kigali - rondstap en dinge doen
31 Oktober 2016, Rwanda ⋅ ⛅ 25 °C
Gister was Sondag, en ons het gerus. Vandag doen ons 'n paar dinge in die stad, beginnende met koffie, ontbyt en poskaarte skryf by Ikerezi-boekwinkel, sommer naby ons hotel. Dit kyk uit oor die stad,Baca selengkapnya
Volcanoes- nasionale park
2 November 2016, Rwanda ⋅ ☀️ 19 °C
Hierdie park is in die noordwestelike hoek van Rwanda, waar dit grens aan Uganda en die Kongo. Meeste toeriste kom hierheen om berggorillas te sien, maar ons het die (veel goedkoper) goue-aap ("goldenBaca selengkapnya
Kom ons bespreek: Skol Lager
2 November 2016, Rwanda ⋅ ☀️ 18 °C
Bier is nie die eerste ding waaraan jy dink wanneer Rwanda ter sprake kom nie, maar die land het 'n handvol plaaslik-vervaardigde biere. Skol se 5% alkohol belowe skop, maar dis eintlik 'n bedeesdeBaca selengkapnya
Gisenyi
3 November 2016, Rwanda ⋅ ☀️ 21 °C
Gisenyi lê teenaan die grens met die Demokratiese Republiek van die Kongo. Alice bly agter in Gisenyi by ons hotel, Discover Rwanda Gisenyi Beach, vir die naweek terwyl ek in die Kongo gaanBaca selengkapnya
Nyiragongo-vulkaan, Kongo
4 November 2016, DR Kongo ⋅ ☀️ 19 °C
Dit was harde werk: vyf ure se steil klim byna reguit op teen die Nyiragongo-vulkaan - met los klippe, reën en krampe. Maar was dit die moeite werd! Bo gekom is jy op die kraterrand van dié aktieweBaca selengkapnya
Kom ons bespreek: Simba Lager
5 November 2016, DR Kongo ⋅ ⛅ 28 °C
Hierdie fris 5% Kongo-bier kom in 'n allemintige 650 ml-bottel - jy moet dus gereed wees om bier te drink wanneer die kelner hom voor jou neersit. Simba is lekker, en sonder fiemies. Dit het goedBaca selengkapnya
Berggorillas in die Kongo
6 November 2016, DR Kongo ⋅ ⛅ 31 °C
Vandag het ek die voorreg gehad om berggorillas van naby te sien in die Virunga- nasionale park in die Kongo naby Goma. Ons was ook gelukkig: 'n nuwe kleinding het deur die nag aangekom en ons was dieBaca selengkapnya
Die pad na Kibuye
7 November 2016, Rwanda ⋅ ⛅ 0 °C
'n Kaart en GPS kan jou net soveel vertel. Na 'n lui oggend in Gisenyi ry ons suidwaarts teen die Kivumeer na Kibuye. Ons stop om mooi teeplantasies af te neem. Dan kry ons padwerke, en reën, modder,Baca selengkapnya
Hotel Bethany, Kibuye, Kivumeer
8 November 2016, Rwanda ⋅ ☀️ 23 °C
Vandag vat ons dit rustig en vang op met rekenaarwerk, eposse en dinge. Môre ry ons verder suid na Nyungwe Forest- nasionale park. Die uitsig hier is dalk een van Afrika se mooistes. Kan heeldag hierBaca selengkapnya
Nyungwe- nasionale park
10 November 2016, Rwanda ⋅ ⛅ 27 °C
In die suide van Rwanda, teen die Burundi-grens, lê dalk hul mooiste park: Nyungwe. Bergwoud, sjimpansees, endemiese voëls - en stilte. Dís wat Nyungwe jou bied. Ons kamp (onderdak, op netjieseBaca selengkapnya
Reënbui oor Kigali
11 November 2016, Rwanda ⋅ ⛅ 18 °C
Terug in Kigali vir 'n nag - môre ry ons weer Tanzanië toe. Die terugtog het begin. Ons reis nou al vir 10 000 km nadat ons in September uit Kaapstad vertrek het.
Terug na links, Rusumo
12 November 2016, Tanzania ⋅ ⛅ 30 °C
By die Rusumo-grenspos is daar 'n plek in niemandsland - tussen Rwanda en Tanzanië se grensposte - waar jy van "kante" verander. In Rwanda bestuur jy aan die regterkant van die pad, maar in TanzaniëBaca selengkapnya
Weer hierdie stuk pad...
13 November 2016, Tanzania ⋅ ⛅ 30 °C
Ek kla nie sommer oor swak paaie nie, maar Tanzanië kan gerus die laaste 80 km "teerpad" na die Rusumo-grenspos regmaak.
Die pad na Kigoma
13 November 2016, Tanzania ⋅ ☁️ 15 °C
Kigoma is 'n groot hawedorp teenaan die Tanganjikameer in Tanzanië. Hierdie sowat 350 km-grondpad is ons voorland vandag. Dis nie te sleg nie en die Fortuner handhaaf gemiddeld 50-60 km/h. GelukkigBaca selengkapnya
Jakobsen's Beach, Kigoma
13 November 2016, Tanzania ⋅ ⛅ 25 °C
Die plan was om een aand hier te slaap - maar daai plan het verander. Dis net te mooi hier. Ons tent staan naby 'n strandjie, en die water is heerlik. Nog 'n aand, dan.
Ujiji
14 November 2016, Tanzania ⋅ ⛅ 26 °C
"Mr Livingstone, I presume?" Dít was Henry Morton Stanley se gevleuelde woorde aan David Livingstone toe hy hom byna presies 145 jaar gelede (onder 'n mangoboom) in die hawedorpie Ujiji teen dieBaca selengkapnya
Die pad na Mpanda
15 November 2016, Tanzania ⋅ ⛅ 2 °C
Van Kigoma na Uvinza strek die mooiste teerpad voor die Fortuner uit - ons ry selfs 120 km/h! Daarvandaan is dit (rooi) grondpad van so 180 km na Mpanda, vanwaar 'n nuwe stuk teer ons bring na netBaca selengkapnya




































































































































