FindPenguins
  • Домой
  • Исследовать
    • Скачать программу
    • Регистрация
    • Войти
    • Скачать программу
    • Войти
    • Домой
    • Напечатать альбом
    • Создать видео облёта
    • Исследовать
    • Поддержка
    • Следите за нами
  • Регистрация
Очистить поиск
Kom ons ry Kongo toe
  • WegTydskrif
  • WegTydskrif

Kom ons ry Kongo toe

93-дневное приключение от WegTydskrif Читать далее
ПодписатьсяОбзорОбзорКалендарьКалендарьФотографииФотографииПоделитьсяПоделитьсяКорзина
Сначала новые
  • WegTydskrifKom ons ry Kongo toeWegTydskrif

    Ngorongoro-krater

    23 октября 2016 г., Танзания ⋅ ☁️ 12 °C

    Dit kos 'n fortuin om hier in te gaan, maar wat 'n plek! Ngorongoro doen sy reputasie as diereparadys gestand: ons sien leeus met welpies wat 'n buffel vreet, derduisende sebras en wildebeeste op die kratervloer, meer gompoue en mahemkraanvoëls as wat jy kon droom, dikgevrete hiënas wat om 'n poel hul babelaas afslaap... Vanaand slaap ons goed: 'n leeu brul in die verte en buffels drentel in die kamp rond. Môre ry ons Serengeti toe.Читать далее

    Посмотреть перевод
    0 лайков
     
  • WegTydskrifKom ons ry Kongo toeWegTydskrif

    Serengeti - Dag 1

    24 октября 2016 г., Танзания ⋅ ☁️ 8 °C

    Vandag ry ons sinkplaatpad van Ngorongoro-krater na Serengeti, waar ons (nog voor ons tent staan) 26 leeus en 4 jagluiperds sien. Iewers op pad eet Alice ons laaste pakkie Niknaks. Kan iemand dalk vir ons nog pos?Читать далее

    Посмотреть перевод
    0 лайков
     
  • WegTydskrifKom ons ry Kongo toeWegTydskrif

    Serengeti - Dag 2

    25 октября 2016 г., Танзания ⋅ ⛅ 27 °C

    Die dag breek rooi en mooi, en later pak die wolke saam - én die hamerkop vlieg hoog - maar reën reën dit nie. Ons ry eers noord van ons kampplek (Dik-Dik, naby Seronera) tot by 'n poel waarin 40 seekoeie lê, daarna draai ons weer terug na rondom Seronera waar die leeus weer vir ons wag: hier 'n wyfie met 'n sebravangs, elders twee jong mannetjies wat slaap, en teen sonsondergang 'n hele familie wat die laaste beendere van 'n karkas uitmekaarskeur. Nou is dit donker, en tyd vir kosmaak by die kamp.Читать далее

    Посмотреть перевод
    0 лайков
     
  • WegTydskrifKom ons ry Kongo toeWegTydskrif

    Serengeti - Dag 3

    26 октября 2016 г., Танзания ⋅ 🌙 19 °C

    Dis ons laaste voldag in die park, en na volmaak by Seronera (dis nou ná ons vir 'n uur na 'n luiperd in 'n boom gekyk het) ry ons - met wasgoed wat droogword op die dashboard - noordweswaarts na die Western Corridor waar ons beplan om by Kirawira te kamp. Hoe dieper ons die Western Corridor binnery, hoe groener word dit, en hoe meer wildebeeste sien ons. Duisende en duisende. 'n Deel van die groot migrasie het hierdie area bereik, en die oorvloed diere laat jou kop draai. Grace sien jagluiperd raak reg teen die pad, en ons sit 45 min daar voor die volgende kar opdaag - hierdie deel van die park is baie stiller as die suide. Alice verfyn intussen die kuns van selfoonfoto's neem deur die verkyker. By Kirawira aangekom hoor ons daar is geen openbare kampplek nie, maar gelukkig laat die rangers ons toe om by die piekniekplek te kamp. Heelnag nurk die poel vol seekoeie, skaars 50 treë weg in die Grumetirivier.Читать далее

    Посмотреть перевод
    0 лайков
     
  • WegTydskrifKom ons ry Kongo toeWegTydskrif

    Victoriameer

    27 октября 2016 г., Танзания ⋅ ⛅ 25 °C

    Om na 'n week se sinkplaatslaggatstofpad weer teerpad onder die Fortuner se wiele te voel - lekker! Dis hartseer om tot siens te sê vir die Serengeti en sy wemelende vlaktes, maar verfrissend om Victoriameer se waters te sien. Ons slaap vanaand - op beddens vir 'n verandering - by Tunza Resort in Mwanza, 'n woelige hawestad op die meer.Читать далее

    Посмотреть перевод
    Woefter

    WoefterGenaamd "the rocky city" met al die reuse rotse wat bo-op mekaar gestapel lê. En arm mense bly op die koppies en ryk mense onder op die vlaktes. Baie moeilik vir water en riolering.

    29.10.2016Ответить
    0 лайков
     
  • WegTydskrifKom ons ry Kongo toeWegTydskrif

    Kom ons bespreek: Serengeti Lager

    27 октября 2016 г., Танзания ⋅ ⛅ 25 °C

    Vernoem na een van Afrika se grootste wildkykareas - en met 'n forse luiperd op die etiket - jy weet mos dit gaan goed wees! Serengeti het nie veel van 'n smaak nie: dis bier, en dis dit. Maar sy 4.8% skop nogals. Dit gaan goed af hier waar ek nou vir die horison van die Victoriameer sit en wag om die sakkende son in te sluk. Tussen teue droom ek van die Serengeti, en veral gisteroggend se luiperd, rustend op 'n boomtak.Читать далее

    Посмотреть перевод
    0 лайков
     
  • WegTydskrifKom ons ry Kongo toeWegTydskrif
    1

    Lang dag, slegte pad

    28 октября 2016 г., Танзания ⋅ ⛅ 24 °C

    Vandag is lank: ons ry van Mwanza tot digby die Rwandagrens. Die laaste 70 km "teer" is vol slaggate en niks lekker om te ry nie. Tussen die GPS en 'n weldoener spoor ons die Dreamland Motel op, waar ons hoender en chips eet vir laat-aandete. Daarna, bed toe.Читать далее

    Посмотреть перевод
    Woefter

    WoefterDis definitief hardbodies wat julle eet

    29.10.2016Ответить
    0 лайков
     
  • WegTydskrifKom ons ry Kongo toeWegTydskrif

    Kigali, Rwanda

    29 октября 2016 г., Руанда ⋅ ⛅ 20 °C

    Rwanda is dadelik anders: netjies, g'n rommel, beter paaie. In nat valleie sprei ryslande oop. Meer polisie (wat hou van kar deursoek). Geelbekwoue. Heuwels en nog heuwels. O, ja, en jy moet aan die regterkant van die pad ry... Kigali is groot en bedrywig. Vanaand het ons uitspattig gaan uiteet by 'n Indiese restaurant, en toe vir Patrick en Grace by die lughawe gaan aflaai - hulle vlieg nou terug SA toe ná drie weke op toer saam met my en Alice. Totsiens julle, dit was lekker!Читать далее

    Посмотреть перевод
    Jill Cairns

    ПутешественникThanks Toast!

    29.10.2016Ответить
    0 лайков
     
  • WegTydskrifKom ons ry Kongo toeWegTydskrif

    Kigali - rondstap en dinge doen

    31 октября 2016 г., Руанда ⋅ ⛅ 25 °C

    Gister was Sondag, en ons het gerus. Vandag doen ons 'n paar dinge in die stad, beginnende met koffie, ontbyt en poskaarte skryf by Ikerezi-boekwinkel, sommer naby ons hotel. Dit kyk uit oor die stad, nou en dan draai 'n jakkalsvoël hoog verby. Hierna besoek ons die roerende Genocide Memorial, 'n museum en gedenktuin. Dit is nou al 20 jaar gelede, maar dit is merkwaardig dat die Rwandese na so 'n volkstragedie kon herstel.Читать далее

    Посмотреть перевод
    0 лайков
     
  • WegTydskrifKom ons ry Kongo toeWegTydskrif

    Volcanoes- nasionale park

    2 ноября 2016 г., Руанда ⋅ ☀️ 19 °C

    Hierdie park is in die noordwestelike hoek van Rwanda, waar dit grens aan Uganda en die Kongo. Meeste toeriste kom hierheen om berggorillas te sien, maar ons het die (veel goedkoper) goue-aap ("golden monkey") ekskursie gedoen. Jy stap tot in 'n bamboeswoud teen die berghange en kyk dan hoe die ape nou en dan afskarrel na die grond om jong bamboesspriete af te breek wat hulle dan bo in die blaredak sit en vreet. Na die tyd het ons self iets gaan eet (maar die Rwandese chillie-olie eenkant gelos...), en na die reuse gorillabeeld gaan kyk op die terrein waar die jaarlikse gorilla naamgee-plegtigheid gehou word. Tydens dié affêre kry al die jaar se nuwe gorillababas naam. Ons slaap oor by Red Rocks, 'n netjiese backpackers in die omgewing.Читать далее

    Посмотреть перевод
    0 лайков
     
  • WegTydskrifKom ons ry Kongo toeWegTydskrif

    Kom ons bespreek: Skol Lager

    2 ноября 2016 г., Руанда ⋅ ☀️ 18 °C

    Bier is nie die eerste ding waaraan jy dink wanneer Rwanda ter sprake kom nie, maar die land het 'n handvol plaaslik-vervaardigde biere. Skol se 5% alkohol belowe skop, maar dis eintlik 'n bedeesde bier. Dit het vroeër vanaand goed te pas gekom toe ek en Alice die geskiedenis van Suid-Afrika in 'n neutedop moes uitlê aan 'n Nederlander tydens aandete (beesbredie) by die backpackers. Terug Skol toe!Читать далее

    Посмотреть перевод
    0 лайков
     
  • WegTydskrifKom ons ry Kongo toeWegTydskrif
    1

    Gisenyi

    3 ноября 2016 г., Руанда ⋅ ☀️ 21 °C

    Gisenyi lê teenaan die grens met die Demokratiese Republiek van die Kongo. Alice bly agter in Gisenyi by ons hotel, Discover Rwanda Gisenyi Beach, vir die naweek terwyl ek in die Kongo gaan vulkaanklim en gorillas kyk in die Virunga- nasionale park. Aandete: avokado en vetkoek...Читать далее

    Посмотреть перевод
    Woefter

    WoefterMa skraps

    07.11.2016Ответить
    0 лайков
     
  • WegTydskrifKom ons ry Kongo toeWegTydskrif

    Nyiragongo-vulkaan, Kongo

    4 ноября 2016 г., ДР Конго ⋅ ☀️ 19 °C

    Dit was harde werk: vyf ure se steil klim byna reguit op teen die Nyiragongo-vulkaan - met los klippe, reën en krampe. Maar was dit die moeite werd! Bo gekom is jy op die kraterrand van dié aktiewe vulkaan, met die lawa wat ver onder jou prut. Dit was koud deur die nag, maar ons was gelukkig met die weer en kon 'n sonsopkoms soos min geniet.Читать далее

    Посмотреть перевод
    0 лайков
     
  • WegTydskrifKom ons ry Kongo toeWegTydskrif
    1
    1

    Kom ons bespreek: Simba Lager

    5 ноября 2016 г., ДР Конго ⋅ ⛅ 28 °C

    Hierdie fris 5% Kongo-bier kom in 'n allemintige 650 ml-bottel - jy moet dus gereed wees om bier te drink wanneer die kelner hom voor jou neersit. Simba is lekker, en sonder fiemies. Dit het goed afgegaan saam met my halwe hoender en skyfies hier by Hotel Cap Kivu in Goma, wat uitkyk oor die Kivumeer.Читать далее

    Посмотреть перевод
    Woefter

    WoefterMooie

    07.11.2016Ответить
    Woefter

    WoefterKuku en tjipsi

    07.11.2016Ответить
    0 лайков
     
  • WegTydskrifKom ons ry Kongo toeWegTydskrif

    Berggorillas in die Kongo

    6 ноября 2016 г., ДР Конго ⋅ ⛅ 31 °C

    Vandag het ek die voorreg gehad om berggorillas van naby te sien in die Virunga- nasionale park in die Kongo naby Goma. Ons was ook gelukkig: 'n nuwe kleinding het deur die nag aangekom en ons was die eerste toeriste om die outjie te sien! Dit was 'n stywe twee ure se stap om die gorillas te bereik, maar daar gekom het hulle hulself gedra en rustig op een plek bly sit, eintlik lê, meeste van die tyd.Читать далее

    Посмотреть перевод
    0 лайков
     
  • WegTydskrifKom ons ry Kongo toeWegTydskrif

    Die pad na Kibuye

    7 ноября 2016 г., Руанда ⋅ ⛅ 0 °C

    'n Kaart en GPS kan jou net soveel vertel. Na 'n lui oggend in Gisenyi ry ons suidwaarts teen die Kivumeer na Kibuye. Ons stop om mooi teeplantasies af te neem. Dan kry ons padwerke, en reën, modder, vragmotors wat vassit... en dinge raak sports. Die Fortuner hanteer die situasie egter goed en ons kom teen sonsondergang veilig in Kibuye aan. Ons slaap vanaand by die Hotel Bethany - dit sous te hard vir tentslaap.Читать далее

    Посмотреть перевод
    0 лайков
     
  • WegTydskrifKom ons ry Kongo toeWegTydskrif

    Hotel Bethany, Kibuye, Kivumeer

    8 ноября 2016 г., Руанда ⋅ ☀️ 23 °C

    Vandag vat ons dit rustig en vang op met rekenaarwerk, eposse en dinge. Môre ry ons verder suid na Nyungwe Forest- nasionale park. Die uitsig hier is dalk een van Afrika se mooistes. Kan heeldag hier sit. Die Fortuner waardeer ook die blaaskans na gister se modderpetaljes.Читать далее

    Посмотреть перевод
    0 лайков
     
  • WegTydskrifKom ons ry Kongo toeWegTydskrif

    Nyungwe- nasionale park

    10 ноября 2016 г., Руанда ⋅ ⛅ 27 °C

    In die suide van Rwanda, teen die Burundi-grens, lê dalk hul mooiste park: Nyungwe. Bergwoud, sjimpansees, endemiese voëls - en stilte. Dís wat Nyungwe jou bied. Ons kamp (onderdak, op netjiese stellasies wat die ergste klammigheid weghou) by Uwinka, maak vuur, maak kos. Saans, behalwe vir die weemoedige geskrou van boomdassies, sak die stilte (en soms die reën) neer. Soggens praat die reuse blouloeries ons wakker. Vrede.Читать далее

    Посмотреть перевод
    0 лайков
     
  • WegTydskrifKom ons ry Kongo toeWegTydskrif

    Reënbui oor Kigali

    11 ноября 2016 г., Руанда ⋅ ⛅ 18 °C

    Terug in Kigali vir 'n nag - môre ry ons weer Tanzanië toe. Die terugtog het begin. Ons reis nou al vir 10 000 km nadat ons in September uit Kaapstad vertrek het.

    Посмотреть перевод
    0 лайков
     
  • WegTydskrifKom ons ry Kongo toeWegTydskrif

    Terug na links, Rusumo

    12 ноября 2016 г., Танзания ⋅ ⛅ 30 °C

    By die Rusumo-grenspos is daar 'n plek in niemandsland - tussen Rwanda en Tanzanië se grensposte - waar jy van "kante" verander. In Rwanda bestuur jy aan die regterkant van die pad, maar in Tanzanië links. Rusumo is een van die mees moeitelose grensposte wat ons teegekom het op ons toer: moderne geboue, vriendelike personeel en logiese uiteensetting van dinge.Читать далее

    Посмотреть перевод
    0 лайков
     
  • WegTydskrifKom ons ry Kongo toeWegTydskrif

    Weer hierdie stuk pad...

    13 ноября 2016 г., Танзания ⋅ ⛅ 30 °C

    Ek kla nie sommer oor swak paaie nie, maar Tanzanië kan gerus die laaste 80 km "teerpad" na die Rusumo-grenspos regmaak.

    Посмотреть перевод
    0 лайков
     
  • WegTydskrifKom ons ry Kongo toeWegTydskrif

    Die pad na Kigoma

    13 ноября 2016 г., Танзания ⋅ ☁️ 15 °C

    Kigoma is 'n groot hawedorp teenaan die Tanganjikameer in Tanzanië. Hierdie sowat 350 km-grondpad is ons voorland vandag. Dis nie te sleg nie en die Fortuner handhaaf gemiddeld 50-60 km/h. Gelukkig het dit nog nie te veel gereën nie.Читать далее

    Посмотреть перевод
    0 лайков
     
  • WegTydskrifKom ons ry Kongo toeWegTydskrif

    Jakobsen's Beach, Kigoma

    13 ноября 2016 г., Танзания ⋅ ⛅ 25 °C

    Die plan was om een aand hier te slaap - maar daai plan het verander. Dis net te mooi hier. Ons tent staan naby 'n strandjie, en die water is heerlik. Nog 'n aand, dan.

    Посмотреть перевод
    0 лайков
     
  • WegTydskrifKom ons ry Kongo toeWegTydskrif

    Ujiji

    14 ноября 2016 г., Танзания ⋅ ⛅ 26 °C

    "Mr Livingstone, I presume?" Dít was Henry Morton Stanley se gevleuelde woorde aan David Livingstone toe hy hom byna presies 145 jaar gelede (onder 'n mangoboom) in die hawedorpie Ujiji teen die Tanganjikameer opgespoor het. Ons besoek hierdie geskiedkundige plek, eet vis en hoender en pap saam met bootbouers, koop 'n helder deken by vlytige en vriendelike vroue en eindig die dag met 'n 10/10 sonsondergang.Читать далее

    Посмотреть перевод
    GOD URIO PAUL

    ПутешественникIcan see Ujiji iam living near ujiji

    07.02.2019Ответить
    1 лайк
     
  • WegTydskrifKom ons ry Kongo toeWegTydskrif

    Die pad na Mpanda

    15 ноября 2016 г., Танзания ⋅ ⛅ 2 °C

    Van Kigoma na Uvinza strek die mooiste teerpad voor die Fortuner uit - ons ry selfs 120 km/h! Daarvandaan is dit (rooi) grondpad van so 180 km na Mpanda, vanwaar 'n nuwe stuk teer ons bring na net buite die Kitavi- nasionale park, waar ons vanaand naby 'n dik poel seekoeie slaap.Читать далее

    Посмотреть перевод
    0 лайков
     
Загрузить еще
  • 2026© FindPenguins
  • Домой
  • О нас
  • Групповой трекинг
  • Пресса
  • Правила
  • Конфиденциальность & Cookies
  • Центр помощи
  • Отпечаток
  • Следите за нами