Ngorongoro-krater
2016年10月23日, タンザニア ⋅ ☁️ 12 °C
Dit kos 'n fortuin om hier in te gaan, maar wat 'n plek! Ngorongoro doen sy reputasie as diereparadys gestand: ons sien leeus met welpies wat 'n buffel vreet, derduisende sebras en wildebeeste op dieもっと詳しく
Serengeti - Dag 1
2016年10月24日, タンザニア ⋅ ☁️ 8 °C
Vandag ry ons sinkplaatpad van Ngorongoro-krater na Serengeti, waar ons (nog voor ons tent staan) 26 leeus en 4 jagluiperds sien. Iewers op pad eet Alice ons laaste pakkie Niknaks. Kan iemand dalk virもっと詳しく
Serengeti - Dag 2
2016年10月25日, タンザニア ⋅ ⛅ 27 °C
Die dag breek rooi en mooi, en later pak die wolke saam - én die hamerkop vlieg hoog - maar reën reën dit nie. Ons ry eers noord van ons kampplek (Dik-Dik, naby Seronera) tot by 'n poel waarin 40もっと詳しく
Serengeti - Dag 3
2016年10月26日, タンザニア ⋅ 🌙 19 °C
Dis ons laaste voldag in die park, en na volmaak by Seronera (dis nou ná ons vir 'n uur na 'n luiperd in 'n boom gekyk het) ry ons - met wasgoed wat droogword op die dashboard - noordweswaarts na dieもっと詳しく
Victoriameer
2016年10月27日, タンザニア ⋅ ⛅ 25 °C
Om na 'n week se sinkplaatslaggatstofpad weer teerpad onder die Fortuner se wiele te voel - lekker! Dis hartseer om tot siens te sê vir die Serengeti en sy wemelende vlaktes, maar verfrissend omもっと詳しく
Kom ons bespreek: Serengeti Lager
2016年10月27日, タンザニア ⋅ ⛅ 25 °C
Vernoem na een van Afrika se grootste wildkykareas - en met 'n forse luiperd op die etiket - jy weet mos dit gaan goed wees! Serengeti het nie veel van 'n smaak nie: dis bier, en dis dit. Maar sy 4.8%もっと詳しく
Lang dag, slegte pad
2016年10月28日, タンザニア ⋅ ⛅ 24 °C
Vandag is lank: ons ry van Mwanza tot digby die Rwandagrens. Die laaste 70 km "teer" is vol slaggate en niks lekker om te ry nie. Tussen die GPS en 'n weldoener spoor ons die Dreamland Motel op, waarもっと詳しく
Kigali, Rwanda
2016年10月29日, ルワンダ ⋅ ⛅ 20 °C
Rwanda is dadelik anders: netjies, g'n rommel, beter paaie. In nat valleie sprei ryslande oop. Meer polisie (wat hou van kar deursoek). Geelbekwoue. Heuwels en nog heuwels. O, ja, en jy moet aan dieもっと詳しく
Kigali - rondstap en dinge doen
2016年10月31日, ルワンダ ⋅ ⛅ 25 °C
Gister was Sondag, en ons het gerus. Vandag doen ons 'n paar dinge in die stad, beginnende met koffie, ontbyt en poskaarte skryf by Ikerezi-boekwinkel, sommer naby ons hotel. Dit kyk uit oor die stad,もっと詳しく
Volcanoes- nasionale park
2016年11月2日, ルワンダ ⋅ ☀️ 19 °C
Hierdie park is in die noordwestelike hoek van Rwanda, waar dit grens aan Uganda en die Kongo. Meeste toeriste kom hierheen om berggorillas te sien, maar ons het die (veel goedkoper) goue-aap ("goldenもっと詳しく
Kom ons bespreek: Skol Lager
2016年11月2日, ルワンダ ⋅ ☀️ 18 °C
Bier is nie die eerste ding waaraan jy dink wanneer Rwanda ter sprake kom nie, maar die land het 'n handvol plaaslik-vervaardigde biere. Skol se 5% alkohol belowe skop, maar dis eintlik 'n bedeesdeもっと詳しく
Gisenyi
2016年11月3日, ルワンダ ⋅ ☀️ 21 °C
Gisenyi lê teenaan die grens met die Demokratiese Republiek van die Kongo. Alice bly agter in Gisenyi by ons hotel, Discover Rwanda Gisenyi Beach, vir die naweek terwyl ek in die Kongo gaanもっと詳しく
Nyiragongo-vulkaan, Kongo
2016年11月4日, コンゴ民主共和国 ⋅ ☀️ 19 °C
Dit was harde werk: vyf ure se steil klim byna reguit op teen die Nyiragongo-vulkaan - met los klippe, reën en krampe. Maar was dit die moeite werd! Bo gekom is jy op die kraterrand van dié aktieweもっと詳しく
Kom ons bespreek: Simba Lager
2016年11月5日, コンゴ民主共和国 ⋅ ⛅ 28 °C
Hierdie fris 5% Kongo-bier kom in 'n allemintige 650 ml-bottel - jy moet dus gereed wees om bier te drink wanneer die kelner hom voor jou neersit. Simba is lekker, en sonder fiemies. Dit het goedもっと詳しく
Berggorillas in die Kongo
2016年11月6日, コンゴ民主共和国 ⋅ ⛅ 31 °C
Vandag het ek die voorreg gehad om berggorillas van naby te sien in die Virunga- nasionale park in die Kongo naby Goma. Ons was ook gelukkig: 'n nuwe kleinding het deur die nag aangekom en ons was dieもっと詳しく
Die pad na Kibuye
2016年11月7日, ルワンダ ⋅ ⛅ 0 °C
'n Kaart en GPS kan jou net soveel vertel. Na 'n lui oggend in Gisenyi ry ons suidwaarts teen die Kivumeer na Kibuye. Ons stop om mooi teeplantasies af te neem. Dan kry ons padwerke, en reën, modder,もっと詳しく
Hotel Bethany, Kibuye, Kivumeer
2016年11月8日, ルワンダ ⋅ ☀️ 23 °C
Vandag vat ons dit rustig en vang op met rekenaarwerk, eposse en dinge. Môre ry ons verder suid na Nyungwe Forest- nasionale park. Die uitsig hier is dalk een van Afrika se mooistes. Kan heeldag hierもっと詳しく
Nyungwe- nasionale park
2016年11月10日, ルワンダ ⋅ ⛅ 27 °C
In die suide van Rwanda, teen die Burundi-grens, lê dalk hul mooiste park: Nyungwe. Bergwoud, sjimpansees, endemiese voëls - en stilte. Dís wat Nyungwe jou bied. Ons kamp (onderdak, op netjieseもっと詳しく
Reënbui oor Kigali
2016年11月11日, ルワンダ ⋅ ⛅ 18 °C
Terug in Kigali vir 'n nag - môre ry ons weer Tanzanië toe. Die terugtog het begin. Ons reis nou al vir 10 000 km nadat ons in September uit Kaapstad vertrek het.
Terug na links, Rusumo
2016年11月12日, タンザニア ⋅ ⛅ 30 °C
By die Rusumo-grenspos is daar 'n plek in niemandsland - tussen Rwanda en Tanzanië se grensposte - waar jy van "kante" verander. In Rwanda bestuur jy aan die regterkant van die pad, maar in Tanzaniëもっと詳しく
Weer hierdie stuk pad...
2016年11月13日, タンザニア ⋅ ⛅ 30 °C
Ek kla nie sommer oor swak paaie nie, maar Tanzanië kan gerus die laaste 80 km "teerpad" na die Rusumo-grenspos regmaak.
Die pad na Kigoma
2016年11月13日, タンザニア ⋅ ☁️ 15 °C
Kigoma is 'n groot hawedorp teenaan die Tanganjikameer in Tanzanië. Hierdie sowat 350 km-grondpad is ons voorland vandag. Dis nie te sleg nie en die Fortuner handhaaf gemiddeld 50-60 km/h. Gelukkigもっと詳しく
Jakobsen's Beach, Kigoma
2016年11月13日, タンザニア ⋅ ⛅ 25 °C
Die plan was om een aand hier te slaap - maar daai plan het verander. Dis net te mooi hier. Ons tent staan naby 'n strandjie, en die water is heerlik. Nog 'n aand, dan.
Ujiji
2016年11月14日, タンザニア ⋅ ⛅ 26 °C
"Mr Livingstone, I presume?" Dít was Henry Morton Stanley se gevleuelde woorde aan David Livingstone toe hy hom byna presies 145 jaar gelede (onder 'n mangoboom) in die hawedorpie Ujiji teen dieもっと詳しく
Die pad na Mpanda
2016年11月15日, タンザニア ⋅ ⛅ 2 °C
Van Kigoma na Uvinza strek die mooiste teerpad voor die Fortuner uit - ons ry selfs 120 km/h! Daarvandaan is dit (rooi) grondpad van so 180 km na Mpanda, vanwaar 'n nuwe stuk teer ons bring na netもっと詳しく




































































































































